KHAMA RHINO SANCTUARY

Ware eko-toerisme bestemming met selfsorg akkommodasie.

n Ongelooflike wildreservaat in Botswana.

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Khama Rhino Sanctuary - Algemeen

Of jy nou op een van die goed versorgde kampplekke naby skoon ablusiegeriewe uitkamp, of in een van die gerieflike goed-toegerusde chalets met en suite storte en toilette tuisgaan, jy gaan jou verblyf by die Khama Renoster Park terdeë geniet.

 

Akkommodasie

Die kampeerterrein en chalets by die Mokongwa Kamp is net ‘n klein entjie van die Ingangshek, en kan sonder ‘n viertrekvoertuig bereik word. Die chalets is baie gewild, dus word jy aangeraai om vroeg te bespreek. Dit is ideaal vir diegene wat selfsorg-verblyf verkies. Die landelike chalets kan vier mense huisves. Elke chalet het ‘n toilet en stort, en suite en met warm water. Beddegoed en handdoeke word ook verskaf.

Daar is braaiplek, braairooster, kraan en voëlbadjie by elke Mokongwa-boom. Basiese kooktoerusting en breekgoed word verskaf, maar geen stoof of yskas word voorsien nie.

Daar is 13 kampplekke, wat plekke vir groter groepe insluit. Die sentrale kenmerk van elke kampplek is ‘n groot Mokongwa-boom wat atmosfeer en skaduwee gee. Daar is ook ‘n braaiplek, braairooster, kraan en voëlbadjie. Die kampplekke word deur twee gemeenskaplike ablusieblokke bedien.

Daar is ook ‘n A-raam dubbelverdieping chalet wat tot ses gaste kan huisves, terwyl die drie vierkantige grasdakhutte elk twee mense kan huisves. Elk hiervan het ‘n braai-area en wasgeriewe en is dus ideaal vir rugsakreisigers (“backpackers”).

 

 

Aktiwiteite

Khama Rhino Sanctuary maak daagliks om 8:00 oop en sluit om 19:00. Indien jy buite hierdie ure gaan arriveer, moet jy spesiale reëlings tref. Wanneer jy by die Sanctuary aankom (wat deur baie mense as ‘n Botswana Nasionale Park bestempel word), sal jy deur vriendelike personeellede aantref wat alle vrae wat jy oor die Khama Renoster Park en enige ander Botswana Nasionale Park mag hê, sal beantwoord. Daar is ook ‘n snuisterywinkel wat verskillende soorte plaaslike handwerk, boeke, kaarte, aandenkings en poskaarte verkoop.

Die paaie in die Khama Renoster Park word goed onderhou, in vergelyking met die in ander Nasionale Parke in Botswana. Jy kan dus self bestuur in twee-wiel- en vierwiel-aangedrewe voertuie.

Begeleide wildbesigtigingsritte, renoster-roetes en natuurwandeltogte kan bespreek word, en goed-opgeleide en kundige Bewaarders hou toesig hieroor. Oggend- en aandwildritte is beskikbaar.